beset

west, bernice

nat op die rante van jou wang

is daar stories wat vertel

hoe jy die berge moes los loop vir my

ek voel jou onder in my vel

0 sewe 8 te lank gewag

jy't verpas

ek wou 'n siel vir jou red

maar nou. nou is jy beset

die lyn is beset

die lyn is beset

die lyn is beset

sal jy my dalk kom red

ek het verdwaal op 'n soektog na jou wese

ek wou jou stem kanaal opvang

maar die tannie op die lyn maak oorlog

sou dit help as jy 'n bietjie van jouself

vir my kon oor los. 1 dubbel 2 jou hart betree

jy't verpas

ek wou 'n siel vir jou red

maar nou

nou is jy beset

die lyn is beset

die lyn is beset

die lyn is beset

sal jy my dalk kom red

5 nege 7 een

vertel my nog 'n leuen

ek sou al lankal

maar almal om my lyk mal

drie dubbel 9 4

my hart op skuld verhuur

die lyn is beset

die lyn is beset

die lyn is beset

sal jy my dalk kom red