ingeperk

west, bernice

en daar is ritmes in die kamers van jou hart

en dit lyk soos die ewigheid sonder smart

en daar's 'n ego wat jou volg en jou laat skyn

en in die verte van jou siel se vrees laat verdwyn

en daar's 'n gang met 'n liefde vir jou hede

uitnemende gevoel

wat jou swaarkry sal vergewe

en daar's 'n huis wat jou hart weer sal laat klop

tot die dinge wat jou pla van jou skouers afdop

staan jy dalk vreesloos in jou hart se verlange

bou jy dan drome in jou siel se gevange

byt vas

streef na vrede

staan sterk

en vergeet van gister

met jou hart hier op jou mou

sal sy liefde jou omvou

en daar is grense aan die hoop van jou distansies

erkenning en geluk vergeet van jou frustrasies

al is daar wind op die paaie van jou uitkoms

sal die waarheid jou steeds volg en jou laat blom

staan jy dalk vreesloos in jou hart se verlange

bou jy dan drome in jou siel se gevange

byt vas

streef na vrede

staan sterk

en vergeet van gister

met jou hart hier op jou mou

sal sy liefde jou omvou