klop

west, bernice

as jy stil word en luister hoe my hart

'n resies hardloop teen joune

en jou vingers verdwaal tussen die sterrestelsels van my lyf

kan ek my hand in jou sak druk en dalk

'n paadjie saam jou aanknoop

want die mat op die vloer raak warm

as jy jouself daaroor uitstrooi

en jy my binne nooi

klop klop klop klop

hier aan my deur

en vat wat jou hart begeer

want ons liefde het geen perke nie

ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel

sal jy stywer bly langer le

ek wil jou diepste vrees leerken

want die stories op jou borskas

laat my weer voel soos toe ek kind was

ek soek jou by my

ek wil jou hande stil verlei

tussendeur die paadjies van my rug

verken jou vingers 'n liefdesklug

wat ons altwee weer laat glo

soos kinders in die tandmuis

dan gaan bou ons maar weer 'n lighuis

met die sterre bo ons kop

ek sal my asem in jou verstop

klop klop klop klop

hier aan my deur

en vat wat jou hart begeer

want ons liefde het geen perke nie

ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel

klop klop klop klop

hier aan my deur

en vat wat jou hart begeer

want ons liefde het geen perke nie

ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel

klop klop klop klop

hier aan my deur