as jy stil word en luister hoe my hart
'n resies hardloop teen joune
en jou vingers verdwaal tussen die sterrestelsels van my lyf
kan ek my hand in jou sak druk en dalk
'n paadjie saam jou aanknoop
want die mat op die vloer raak warm
as jy jouself daaroor uitstrooi
en vat wat jou hart begeer
want ons liefde het geen perke nie
ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel
sal jy stywer bly langer le
ek wil jou diepste vrees leerken
want die stories op jou borskas
laat my weer voel soos toe ek kind was
ek wil jou hande stil verlei
tussendeur die paadjies van my rug
verken jou vingers 'n liefdesklug
wat ons altwee weer laat glo
soos kinders in die tandmuis
dan gaan bou ons maar weer 'n lighuis
met die sterre bo ons kop
ek sal my asem in jou verstop
en vat wat jou hart begeer
want ons liefde het geen perke nie
ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel
en vat wat jou hart begeer
want ons liefde het geen perke nie
ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel