is daar iets wat jy wil se?
ek hoor die wolke praat weer stories oor al jou kleure
bou jy weer huisies by die bure
gooi jy klippies teen die mure
tel jou kop op as jy praat
trap jy spore van jou eie
moenie huiwer om te vra nie
want dis nie geld wat jou siel gaan red nie
ook nie geld wat geluk gaan koop nie
as jy jou hart laat klop stop die dinge wat jou pla
luister hardop na goeie raad
sal jy jou laaste asem spaar
dat ek my raad aan jou kan openbaar
hou jou naaste aan jou sy
luister na wysheid wat jy kry
laat jou hart op god vertrou
gooi jou beddings nat met die trane wat jy versamel
en trek die skoen aan wat jou pas
vertrek op die ritme van jou hart
luister hardop na goeie raad
sal jy jou laaste asem spaar
dat ek my raad aan jou kan openbaar
hou jou naaste aan jou sy
luister na wysheid wat jy kry
laat jou hart op god vertrou
sal jy jou laaste asem spaar
daar's genade jy hoef nie te vrees nie